Carp Rigs Logo
Tweet
Home
Rietvlei Strop
Rietvlei Gly Strop
Hoekom Gly Stroppe ?
Vaaldam Strop
Baby Shoe Trace
Tie Fast Knot Tyer

 

Rietvlei Gly Strop

Rietvlei Gly Strop

 

Benodighede:

1 x “Snap” Draaispil (no 1) Gebruik groottes 10 tot 16.
   
3 x Draaispille (Barrel Swivels) 
(no 2A, 2B en 2C)
Gebruik groottes 8 tot 16.
   
2 x Hoeklyne (no 3A en 3B) Moet swakker as jou skaglyn wees en is gewoonlik tussen 5 en 10lb.
   
2 x Hoeke (no 4A en 4B) Die hoek grootte wissel af hangende van die tipe aas en natuurlik persoonlikke keuses. Gewoonlik word #2 tot #5 gebruik waarvan #5 defnitief die mees algemeenste is.
   
1 x Skaglyn (no 5) Die skaglyn is gewoonlik 'n swaarder en sterker breekkrag as die hooflyn, so tussen 12 en 20lb.
   
1 x Mielie Bom Houer (no 6) Die houers is 'n persoonlikke keuse, net solank dit die bom styf vas hou tydens die gooi werk; meeste "spring" tipes sal die werk doen.
   
1 x Kraletjie (no 7) Die mees populêre kleure wat gebruik word is rooi en fluoro geel/groen.
   

 

Hoe om die Rietvlei Gly Strop Te Bou

 

 

UK Carp Fishing Secrets Book

The Carp Fishing Secrets Ebook is probably the most comprehensive guide to carp fishing on the web today! A compilation of some of the best articles we've ever seen from three of the UK's favourite writers.

Buy your copy today!!!!

 

Alternatively you can download a free sample copy first.
Simply right click the lick and select Save Link As…

 

 

Begin om die twee hoeke (4A en 4B) aan die hoeklyne (3A en 3B) vas te bind. Bind dan een van die twee hoeklyne aan 'n draaispil (2B) vas.
Die "Tie-Fast Knot tyer" is 'n handige stukkie gereedskap waarmee jy baie maklik al jou knope baie vinnig en uiters sterk kan maak.
Dit is baie belangrik om altyd alle knope bietjie nat te maak (sommer met spoeg) voor dat jy hulle styf trek. As jy dit nie doen nie kan die lyn brand (as gevolg van die wrywing/hitte) en sodoende kan dit sleg beskadig word. Plaas gerus 'n druppel strop gom bo-op die knope; dit sal help verhoed dat hulle lostrek. Vir meer inligting oor strop gom kliek hier of as jy belangstel om dit aan te skaf kliek hier.
Die hoeklyne (3A en 3B) word gewoonlik tussen 10cm tot 12cm lank gemaak; maar gebruik 'n langer stuk lyn om voorsiening te maak vir die knope. Met bietjie oefeninge en die verloop van tyd sal jy mooi kan bepaal hoe lank die lyn moet wees (voor jy die knoop maak) sodat die hoeklyne almal ewe lank eindig.

 

Die skaglyn (5) word gewoonlik tussen 25cm en 28cm lank gemaak. Bind die skaglyn (5) aan die boonste draaispil (2A) vas.
Ryg dan die skaglyn deur die tweede draaispil (2B), dan deur die mielie bom houer (6) en dan deur die kraletjie (7). Knoop dan die skaglyn aan die onderste draaispil (2C) vas. Die kraletjie help verhoed dat die knoop maklik seer kry tydens die ingooi en/of tydens die in-bring van die vis.
Nou moet die tweede hoeklyn (3B) aan die draaispil (2C) geknoop word.

 

Indien jy nie 'n Mielie Bom Houer het nie kan jy ook 'n M tipe sinker gebruik in plek van die Houer. Maak net baie mooi seker dat jou mielie bom mooi aan gemaak is sodat jy hom nie af gooi nog voor jou strop in die water beland nie.

 

Laastens knoop 'n "snap" tipe draaispil (1) aan jou hooflyn en/of leader lyn.
Die "snap" draaispil help jou om stroppe vinnig te ruil en/of nuwes aan te sit, noodsaaklik vir tyds besparing. Wanneer die visvang tempo hoog/vinnig is wil mens nie onnodig tyd mors met knopemaak en/of stroppe ruil nie.

 

Anders as met die gewone Rietvlei Strop kan die boonste draaispil (2B) en hoeklyn (3A) op en af teen die skaglyn beweeg omdie aas bietjie meer vryheid te gee. Dit is 'n baie maklike en vinnige strop om te maak en kan in omtrent enige van ons damme reg oor die land gebruik word.

 

Waar kan ek 'n Rietvlei Glei Strop koop?

Nuwe klaargemaakte Rietvlei Glei stroppe kan by hierdie webwerf aangekoop word.

Indien jy belangstel om die Rietvlei Glei Strop self te maak kan jy al die benodighede (hoeke, draadspille ens.) by hierdie webwerf aanskaf.

Where can I buy a Rietvlei Sliding Rig?

Rietvlei Sliding Rigs are for sale from this leading retailer.

 

 

 

Fishing Knots With Pete


Rietvlei Strop

Harrows Darts Ice Darts

Leer hoe om die Rietvlei Strop te maak.

 


Hoekom Gly Stroppe

Rietvlei Gly Strop

Waarom gebruik die papgooi en kompeterende hengelaars Rietvlei Gly Stroppe?

 


Vaaldam Strop

Vaaldam Strop

Hier sien jy hoe 'n Vaaldam Strop gemaak word.

 


Baby Shoe Trace

Baby Shoe Trace

Learn how to make a Baby Shoe Trace.

 


Tie-Fast Knot Tyer

Tie-Fast Knot Tyer

Learn how to make the strongest fishing knot possible by using the Tie-Fast Knot Tyer.

 

Copy right (c) 2013 www.carprigs.co.za all rights reserved.