Vaaldam Strop
(Boere Strop)
Benodighede:
1 x “Snap” Draaispil (no 1) | Groottes 10 tot 16 kan gebruik word. |
2 x Draaispille (Barrel Swivels) (no 2A en 2B) |
Groottes 8 tot 16 kan gebruik word. |
2 x Hoeklyne (no 3A en 3B) | Swakker as jou skaglyn en gewoonlik tussen 5 en 10lb. |
2 x Hoeke (no 4A en 4B) | Die hoek grootte kan wissel af hangende van die tipe aas en persoonlikke keuses. Gewoonlik word #2 tot #5 gebruik waarvan #5 defnitief die mees algemeenste is. |
2 x Skaglyne (no 5A en 5B) | Die skaglyn is gewoonlik 'n swaarder en sterker breekkrag as die hooflyn, so tussen 12 en 20lb. |
1 x Mielie Bom Houer (no 6) | Die houers is 'n persoonlikke keuse, net solank dit die bom styf vas hou tydens die gooi werk; meeste "spring" tipes sal die werk doen. 'n "P" sinker met 'n ogie na bo kan ook gebruik word in plek van die Mielie Bom Houer. Grootte is 'n persoonlikke keuse, hou net die grootte van die Mielie Bom in gedagte. |
1 x Kraletjie (no 7) | Rooi en fluoro geel/groen is populêre kleure om te gebruik. |
Soos gesien word op die foto is die bou van die Vaaldam Strop nie regtig te moeilik nie maar kom ons gaan steeds stap-vir-stap deur die hele proses. Dit mag dalk bietjie ingewikkeld lyk maar as jy die strop so een of twee keer self gemaak het dan sal jy besef hoe maklik dit eintlik is om te maak.
The Carp Fishing Secrets Ebook is probably the most comprehensive guide to carp fishing on the web today! A compilation of some of the best articles we've ever seen from three of the UK's favourite writers.
Buy your copy today!!!!
Alternatively you can download a free sample copy first.
Simply right click the lick and select Save Link As…
Begin deur die twee hoeke (4A en 4B) aan die twee hoeklyne (3A en 3B) vas te bind.
Dit is uiters belangrik om altyd alle knope bietjie nat te maak (sommer met spoeg) voor dat hulle styf getrek word sodat hulle glad kan beweeg. As jy die knope nie nat maak voor die tyd nie kan die lyn brand (as gevolg van die wrywing/hitte wat veroorsaak word tydens die styf trek van die knope) en sodoende kan die lyn sleg beskadig word.
Die "Tie-Fast Knot Tyer" is 'n handige stukkie gereedskap waarmee jy baie maklik al jou knope kan maak. Die "Knot Tyer" werk baie baie vinnig en maak uiters sterk knope, beter as enige tipe wat jy self met die hand kan knoop.
Plaas altyd 'n druppel strop gom bo-op die knope; dit sal help verhoed dat hulle lostrek indien die knoop nie behoorlik gemaak is nie. Vir meer inligting oor strop gom kliek hier of as jy belangstel om dit aan te skaf kliek hier.
Die hoeklyne (3A en 3B) word gewoonlik tussen 10cm tot 12cm lank gemaak; maar sny 'n langer stuk lyn van die spoel af om voorsiening te maak vir die knope. Met bietjie oefeninge sal jy mooi kan bepaal hoe lank die lyne moet wees (voor jy die knoop maak) sodat die hoeklyne almal ewe lank eindig.
'n Maklike manier om die regte lengtes elke keer te kry is om die lyn met 'n liniaal te meet voor enige knope gemaak word, skryf hulle op 'n stuk papier neer, knoop dan die hoeklyn aan beide die hoek en die draaispil en meet dan weer hoe lank die lyn is. Sodra die regte lengte verkry is skryf dit dan erens neer en bere dit in 'n veiligge plek.

Volgende knoop Hoeklyn (3A) aan die boonste Draaispil (2A) en knoop dan Skaglyn (5A) aan die Draaispil (2A). Knoop dan die Skaglyn (5A) aan die onderste Draaispil (2B) en knoop dan die tweede Hoeklyn (3B) ook aan die Draaispil (2B) vas. Die eerste helfte van die Strop is nou klaar. Gaan deur alles sover en maak seker alles is mooi vas getrek en dat jy verstaan het wat gedoen is.
Volgende knoop jy die tweede Skaglyn (5B) ook aan die Draaispil (2B). Ryg dan die Skaglyn (5B) deur die Mielie Bom Houer (6) en deur die kraletjie(7). Die volgende stap is bietjie ingewikkeld. Die Skaglyn (5B) moet nou buit om die Kraletjie (7) terug gevou word en weer aan homself vas geknoop word. Dink aan die stap asof jy 'n hoek sal knoop en die Kraletjie is die oog van die Hoek. Die doel van die Kraletjie is on te keer dat die Mieliebom Houer los kom.

Laastens knoop 'n "snap" tipe draaispil (1) aan jou hooflyn en/of leader lyn. Die "snap" draaispil help jou om stroppe vinnig te ruil en/of nuwes aan te sit, noodsaaklik vir tyds besparing. Wanneer die visvang tempo hoog/vinnig is wil mens nie onnodig tyd mors met knopemaak en/of stroppe ruil nie.
Na alles klaar geknoop, vas getrek en gegom is kan 'n klein skertjie of nael knippers gebruik word om die oortollige lyn van die knope af te knip sodat alles mooi glad is. Sommige mense gebruik 'n vlammetjie om die punte af te brand maar dit moet baie versiftig gedoen word om te keer dat die verkeerde lyn nie gebrand word nie.

Waar kan ek Vaaldam Stroppe koop?
Nuwe klaargemaakte stroppe kan by hierdie webwerf aangekoop word.
Indien jy belangstel om die Vaaldam Strop self te maak kan jy al die benodighede (hoeke, draadspille ens.) by hierdie webwerf aanskaf.
Where can I buy a Vaaldam Rig?
Rietvlei Rigs are for sale from this leading retailer.