Carp Rigs Logo
Tweet
Home
Rietvlei Strop
Rietvlei Gly Strop
Hoekom Gly Stroppe ?
Vaaldam Strop
Baby Shoe Trace
Tie Fast Knot Tyer

 

Rietvlei Strop

Rietvlei Strop

 

Hoe maak jy Rietvlei Stroppe?

Benodighede:

1 x “Snap” Draaispil (no 1) Groottes 10 tot 16 kan gebruik word.
   
Skaglyn (no 2) Die skaglyn is gewoonlik 'n swaarder en sterker breekkrag as die hooflyn, so tussen 12 en 20lb.
   
1 x Mielie Bom Houer (no 3) Die houers is 'n persoonlikke keuse, net solank dit die bom styf vas hou tydens die gooi werk; meeste "spring" tipes sal die werk doen.
   
1 x Kraletjie (no 4) Rooi en fluoro geel/groen is populêre kleure om te gebruik.
   
2 x Draaispille (Barrel Swivels)
(no 5A en 5B)
Groottes 8 tot 16 kan gebruik word.
   
Hoeklyn (no 6A en 6B) Swakker as jou skaglyn en gewoonlik tussen 5 en 10lb.
   
2 x Hoeke (no 7A en 7B) Die hoek grootte kan wissel af hangende van die tipe aas en persoonlikke keuses. Gewoonlik word #2 tot #5 gebruik waarvan #5 defnitief die mees algemeenste is.

 

Rietvlei Strop Bou

Soos gesien word op die foto is die bou van die strop nie regtig te moeilik nie maar kom ons gaan steeds stap-vir-stap deur die hele proses.

 

 

UK Carp Fishing Secrets Book

The Carp Fishing Secrets Ebook is probably the most comprehensive guide to carp fishing on the web today! A compilation of some of the best articles we've ever seen from three of the UK's favourite writers.

Buy your copy today!!!!

 

Alternatively you can download a free sample copy first.
Simply right click the lick and select Save Link As…

 

 

Begin om die hoeke (7A en 7B) aan die hoeklyne (6A en 6B) vas te bind.
Die "Tie-Fast Knot tyer" is 'n handige stukkie gereedskap waarmee jy baie maklik al jou knope baie vinnig en uiters sterk kan maak.
Dit is baie belangrik om altyd alle knope bietjie nat te maak (sommer met spoeg) voor dat jy hulle styf trek. As jy dit nie doen nie kan die lyn brand (as gevolg van die wrywing/hitte) en sodoende kan dit sleg beskadig word.Plaas 'n druppel strop gom bo-op die knope; dit sal help verhoed dat hulle lostrek. Vir meer inligting oor strop gom kliek hier of as jy belangstel om dit aan te skaf kliek hier.
Die hoeklyne (6A en 6B) word gewoonlik tussen 10cm tot 12cm lank gemaak; maar gebruik 'n langer stuk lyn om voorsiening te maak vir die knope. Met bietjie oefeninge en die verloop van tyd sal jy mooi kan bepaal hoe lank die lyn moet wees (voor jy die knoop maak) sodat die hoeklyne almal ewe lank eindig.

 

Die skaglyn (2) word gewoonlik tussen 25cm en 28cm lank gemaak. Bind die skaglyn aan die boonste draaispil (5A) vas (moet nog nie die hoeklyn (6A) daaraan vas knoop nie want jy wil so min as moontlik werk met hoeke wat in die pad kan kom en in jou vingers kan eindig).
Ryg dan die skaglyn deur die mielie bom houer (3) gevolg deur die kraletjie (4) en knoop dan aan die onderste draaispil (5B) vas. Die kraletjie help verhoed dat die knoop maklik seer kry tydens die ingooi en/of tydens die in-bring van die vis.
Nou moet die twee hoeklyne aan die draaispille (5A en 5B) geknoop word.

 

Laastens knoop 'n "snap" tipe draaispil (1) aan jou hooflyn en/of leader lyn. Die "snap" draaispil help jou om stroppe vinnig te ruil en/of nuwes aan te sit, noodsaaklik vir tyds besparing. Wanneer die visvang tempo hoog/vinnig is wil mens nie onnodig tyd mors met knopemaak en/of stroppe ruil nie.

 

 

Waar kan ek Rietvlei Stroppe Koop?

Nuwe klaargemaakte Rietvlei stroppe kan by hierdie webwerf aangekoop word.

Indien jy belangstel om die Rietvlei Strop self te maak kan jy al die benodighede (hoeke, draadspille ens.) by hierdie webwerf aanskaf.

 

Where can I buy a Rietvlei Rig?

Completed Rietvlei Rigs are for sale at this website.

 

 

Fishing Knots With Pete


Rietvlei Gly Strop

Rietvlei Gly Strop

Kyk hoe maak mens 'n Rietvlei Gly Strop.

 


Hoekom Gly Stroppe

Rietvlei Gly Strop

Waarom gebruik die papgooi en kompeterende hengelaars Rietvlei Gly Stroppe?

 


Vaaldam Strop

Vaaldam Strop

Hier sien jy hoe 'n Vaaldam Strop gemaak word.

 


Baby Shoe Trace

Baby Shoe Trace

Learn how to make a Baby Shoe Trace.

 


Tie-Fast Knot Tyer

Tie-Fast Knot Tyer

Learn how to make the strongest fishing knot possible by using the Tie-Fast Knot Tyer.

 

Copy right (c) 2013 www.carprigs.co.za all rights reserved.